Inligting met betrekking tot Inkomstebelasting
Agtergrond 1 Deel 1: Persoonlike besonderhede 1
Bankbesonderhede 1
Deel 2: Inkomste ontvang en / of toegeval
Hoofbron van inkomste 2 Inkomste wat op u IRP5 en / of IB3(a) sertifikaat aangetoon is 3
Deel 3: Ander inkomste
Beleggingsinkomste 4 Kapitaalwins / verlies 4 Ander inkomste 5
Deel 4: Belastingkrediete en redes vir die nie - aftrekking van belasting 5 Deel 5: Aftrekkings
Mediese en tandheelkundige uitgawes 6 Donasies 8 Pensioen-, uittredingannuïteits-, voorsorgsfonds en inkomste beskermingsbydraes 8 Ander uitgawes 8
Reiskoste 10
Stawende Dokumentasie Skedule 1: BeleggingsInkomste en kapitaalwins / verlies 12 Skedule 2: Mediese uitgawes nie ingedien en / of verhaal vanaf u mediesefonds nie 13 Belastingberekening 14
AGTERGROND
Hierdie brosjure word aan u voorsien om die voltooiing van u persoonlike inkomstebelastingopgawe (IB12SS) te vergemaklik. Vir maklike verwysing is die gedeeltes in hierdie brosjure genommer om ooreen te stem met dieselfde gedeeltes in die opgawe. Gebruik hierdie brosjure tesame met die IB12SS en u IRP5 / IB3(a) sertifikate.
U word uitgenooi om u naaste SARS kantoor te kontak, hetsy deur 'n besoek, telefonies of skriftelik, indien u enige probleme ondervind met die voltooiing van u opgawe. Onthou, ons sal u graag behulpsaam wees.
Die inligting wat benodig word, is in vier hoofkategorieë ingedeel:
Besonderhede van inkomste ontvang en / of toegeval. U sal dit vanaf u werkgewer / fonds / instansie ontvang het bv. IRP5 / IB3a.
Inligting ten opsigte van addisionele inkomste
Geen betalings, of korrespondensie wat nie betrekking het op die opgawe, moet aangeheg word nie.
Indien u enige ander inkomste ontvang het, byvoorbeeld huur, boerdery, of besigheidsinkomste, moet u asseblief u plaaslike SARS kantoor nader vir die toepaslike belastingopgawe. U moet terselfdertyd ook versoek dat u geregistreerde besonderhede as belastingpligtige dienooreenkomstig verander word.
U HANDTEKENING
Die opgawe moet deur u onderteken word.
n Ongetekende opgawe kan beskou word as 'n opgawe wat nie ontvang is nie, wat die heffing van boete vir die laat indiening van so 'n opgawe tot gevolg kan hê.
Voltooiing van die opgawe
Indien u 'n opgawe ontvang het, moet dit voltooi en ingedien word ongeag of u netto inkomste R60 000 per jaar oorskry al dan nie.
Die laat indiening of versuim om 'n opgawe in te dien
U is verplig om te verseker dat 'n akkurate en volledige openbaring gemaak word in u belastingopgawe. Wanvoorstelling, versuim, weglating, verskaffing van onjuiste inligting of die versuim om 'n opgawe in te dien kan lei tot die heffing van boete, addisionele aanslae (tesame met rente) en / of vervolging.
Beswaar teen aanslag n Beswaar teen 'n aanslag moet skriftelik ingedien word en die kantoor wat op die aanslagkennisgewing aangedui is binne 30 dae vanaf datum van aanslag bereik.
Die verpligting vir die betaling van belasting, of rente op onbetaalde belasting, word nie opgeskort as gevolg van 'n appèl of beswaar nie.
LET WEL:
U persoonlike besonderhede is vooraf gedruk op u opgawe. Maak asseblief seker dat dit korrek is. Indien van die besonderhede verander het, foutief is, of weggelaat is, moet u die verandering in die wit gedeeltes op bladsy 1 aanbring.
Adres verandering
Ingevolge Artikel 67 van die Inkomstebelastingwet, moet u binne 60 dae u plaaslike SARS kantoor in kennis stel as u korrespondensieadres op enige stadium sou verander het. Sou u versuim om SARS van die verandering in kennis te stel kan dit die heffing van boete ingevolge Artikel 75 van die Inkomstebelastingwet tot gevolg hê.
DEEL 1.15 BANKBESONDERHEDE
Dit is baie belangrik dat u bankbesonderhede wat op die opgawe verskyn korrek is om te verhoed dat terugbetalings in verkeerde bankrekeninge gemaak word. Dui enige verandering in bankbesonderhede in die wit blokkies in deel 1.15 aan. Elektroniese betalings sal geskied deur gebruik te maak van die banktakkodenommer en nie die naam van die bank nie.
LET WEL:
Geen terugbetalings sal in die bankrekening van 'n derde party of agent inbetaal word nie.
DEEL 2.1 HOOFBRON VAN INKOMSTE
Gebruik die onderstaande tabel (wat in alfabetiese orde gerangskik is) om te bepaal uit watter sektor van die ekonomie u hoofbron van inkomste voortspruit, en voltooi die gegewe inligting in gedeelte 2.1 van u opgawe langs die syfers, 35.
VOORBEELD:
U ontvang 'n salaris vanaf 'n kleinhandelaar. U moet dan die kode 22 (kleinhandel) vanuit die onderstaande lys kies. Die hoofbron van inkomste sal in die geval as 3522 aangedui word.
Sou u in besit van pensioen-inkomste wees sal die kode 25 (Finansiering, versekering, ens.) van toepassing wees. In die geval sal die hoofbron van inkomste 3525 wees.
Indien u by enige van die departemente van of, die nasionale of plaaslike regeringsdienste werksaam is sal die kode 26 (Publieke Administrasie) van toepassing wees, in welke geval die hoofbron van inkomste 3526 sal wees.
BESKRYWING BRON-KODE
Agentskappe en ander dienste 34
Ander vervaardigingsnywerhede 18
Bakstene, keramiek, glas, sement en dergelike produkte 11
Chemikalieë en chemiese-, rubber- en plastiekprodukte 09
Elektrisiteit, gas en water 19
Finansiering, versekering, vaste eiendom en besigheidsdienste 25
Gespesialiseerde hersteldienste 33
Groothandel 21
Hout, houtprodukte en meubels 07
Kleinhandel (ingeslote posbestellings) 22
Klerasie en skoeisel 05
Konstruksie 20
Landbou, bosbou en vissery 01
Leer, leerprodukte en pelse (uitgesonderd skoeisel en klerasie) 06
Maatskaplike en verwante gemeenskapsdienste 30
Masjinerie en verwante items 14
Mediese, tandheelkundige, ander gesondheidsdienste en veeartsenykundige dienste 29
Metaal 12
Metaalprodukte (uitgesonderd masjinerie en toerusting) 13
Mynwese en steengroefwerk 02
Navorsings- en wetenskaplike institute 28
Onderwysdienste 27
Ontspanning en kulturele dienste 31
Papier, drukwerk en uitgewery 08
Persoonlike en huishoudelike dienste 32
Publieke administrasie 26
Steenkool- en petroleumprodukte 10
Tekstielstowwe 04
Verversings en akkommodasie 23
Vervoer, opberging en kommunikasie 24
Vervoertoerusting (uitgesonderd motorvoertuie, onderdele en toebehore) 16
Voedsel, drank en tabak 03
Voertuie, onderdele en toebehore 15
Werkverskaffing (Direkteur van maatskappy / Lid van korporasie) 35
Wetenskaplike, optiese en dergelike toerusting 17
DEEL 2.2 INKOMSTE WAT OP U IRP5 EN / OF IB3(a) SERTIFIKAAT AANGEDUI IS.
Ontvang u besoldiging wat op 'n IRP5 / IB3(a) aangedui is? Voltooi deel 2.2 van u opgawe deur gebruik te maak van die inligting op die IRP5 of IB3(a) sertifikaat(e), soos geïllustreer in die volgende voorbeeld.
INKOMSTE
Alle inkomste items wat op u IRP5 en / of IB3(a) sertifikaat verskyn moet in deel 2.2 van u opgawe getoon word.
Voltooi deel 2 van u opgawe deur gebruik te maak van die inligting op u IRP5 / IB3(a) soos in die voorbeeld geïllustreer.
Indien die gedeelte van u IRP5 / IB3(a) wat betrekking het op bruto inkomste 'n bedrag teenoor die kode 3697 -bruto uittredingfunderingsdiens-inkomste aandui - moet u die bedrag teenoor die kode 3697 in deel 2.2 van u opgawe aandui soos geïllustreer in die onderstaande voorbeeld.
Beleggingsinkomste is hoofsaaklik verteenwoordigend van inkomste verkry uit 'n belegging by 'n finansiële instelling, 'n bank of 'n maatskappy wat effektetrustaandele administreer. Dividende uit plaaslike beleggings, behalwe dividende verkry vanaf 'n eiendomstrust (hierdie dividende word geag rente te wees), is nie belasbaar nie. Dividende ontvang vanaf buitelandse beleggings is egter belasbaar en moet in deel 3.3 van u opgawe getoon word.
DELE 3.1 -3.3: BRUTO BEDRAE ONTVANG VANUIT BELEGGINGSINKOMSTE
Indien u enige beleggingsinkomste ontvang het moet u asseblief die skedule op bladsy 12 van hierdie brosjure gebruik om die bedrag te bereken wat teenoor kodes 4201, 4218 en 4216 ten opsigte van plaaslike rente, buitelandse rente en buitelandse dividende respektiewelik aangedui moet word.
Die bruto bedrae ontvang ten opsigte van beleggingsinkomste moet getoon word, aangesien die vrystelling programmaties deur SARS gedoen sal word.
Indien u BUITE gemeenskap van goedere getroud is, of ONGETROUD is, moet die volle bedrag ontvang ten opsigte van buitelandse rente en plaaslike rente in deel 3 van u opgawe aangedui word. Indien u enige inkomste uit buitelandse dividende verdien het, moet deel 3.3 van u opgawe voltooi word. Indien u BINNE gemeenskap van goedere getroud is, moet slegs die helfte van u beleggingsinkomste verklaar word. Die ander gedeelte is in die hande van u gade belasbaar. 'n Inkomste-advies moet vanaf die instansie verkry word waar u fondse belê is en aan bladsy 3 van u opgawe geheg word. Dieselfde verdeling moet toegepas word met betrekking tot enige buitelandse krediete.
LET WEL:
Die vrystelling ten opsigte van die 2006 jaar van aanslag is R15 000 indien u jonger as 65 jaar is, en R22 000 indien u 65 jaar of ouer is. Indien u beleggingsinkomste dus R25 000 oorskry en u onder die ouderdom van 65 jaar is, of R32 000 en u 65 jaar en ouer is en u belasbare inkomste R80 000 per jaar oorskry, is u verplig om as voorlopige belastingpligtige te registreer.Die vrystelling sal geld ten opsigte van buitelandse dividende, buitelandse rente, asook plaaslike rente-inkomste. Die vrystelling ten opsigte van buitelandse beleggingsinkomste, d.i. buitelandse dividende en buitelandse rente, is egter beperk tot R2 000 en sal in die volgende orde toegedeel word; buitelandse dividende, buitelandse rente en daarna plaaslike rente.
DEEL 3.4 KAPITAALWINS / VERLIES
Die wins wat R1 miljoen oorskry met die verkoop van 'n primêre woning, en winste wat met die verhandeling van aandele gemaak word, is tipiese voorbeelde van bates wat Kapitaalwinsbelasting tot gevolg sal hê. Indien u 'n waardasiesertifikaat ten opsigte van 'n bate verkry het, moet dit deur u bewaar word en saam met die belastingopgawe ingedien word waarin die beskikking oor (afstanddoening van) die bate verklaar word.
Voltooi die Skedule op bladsy 12 van hierdie brosjure met die volgende inligting ten einde die wins of verlies te bereken. Die berekende wins of verlies moet in deel 3 van die opgawe getoon word.
OPBRENGS: Dit is die verkoopprys van die bate.
BASISKOSTE: Dit is die onkoste aangegaan ter verkryging of totstandkoming van die bate.
UITSLUITINGS / AANSUIWERINGS (NIE JAARLIKSE UITSLUITINGS NIE): In die geval van 'n individu wat nie hanel dryf nie sal dit persoonlike gebruiksbates wees, langtermynversekeringspolisse, ens.
KAPITAALWINS / VERLIES: Dit sal die antwoord wees van Opbrengs - (minus) Basiskoste (omrol van basiskoste en uitsluitings, indien van toepassing).
Dui die hoofbatetipebronkode as volg aan:
Alhoewel die Wet voorsiening maak vir 'n primêre uitsluiting van R10 000 moet die volle bedrag van die wins / verlies verklaar word aangesien die primêre uitsluiting sowel as die insluitingskoers van 25%, programmaties deur SARS bereken sal word.
LET WEL:
n Kapitaalverlies kan slegs teen 'n ander kapitaalwins verreken word. Die plaaslike en buitelandse kapitaalwins / verlies moet apart op u opgawe verklaar word.
DEEL 3.5 ANDER (SPESIFISEER)
Indien u enige ander inkomste ontvang het wat nie in gedeelte 2.2 of dele 3.1 tot 3.4 van u opgawe aangedui is nie moet u die bedrag teenoor deel 3.5 van u opgawe aandui, met 'n beskrywing van die tipe van inkomste.
LET WEL:
Indien die ander inkomste egter sou bestaan uit huur-, boerdery- of besigheidsinkomste, moet u asseblief u plaaslike SARS-kantoor nader om u van die toepaslike / korrekte opgawe te voorsien.
Inkomste ontvang sal op 'n IRP5 of op 'n IB3(a) aangedui word. 'n IRP5 sal uitgereik word ten opsigte van inkomste ontvang waarvan belasting weerhou is terwyl 'n IB3(a) uitgereik sal word ten opsigte van inkomste waarvan geen belasting teruggehou is nie.
VOORBEELDE VAN GEDEELTES VAN DIE IRP5 / IB3(a) OM DEEL 4 VAN DIE INKOMSTEBELASTINGOPGAWE TE VOLTOOI
VERWYSINGSNOMMER 7770777777 PRETORIA
BELASTINGJAAR 2006 0000
WERKGEWER GENIETDIPLOMATIEKE VRYWARING
Kode Beskrywing Bedrag
Bruto belasbare jaarlikse betalings
Bruto nie-belasbare inkomste
Bruto uittredingfunderingdiens inkomste
Bruto nie-uittredingfunderingdiens inkomste
K de Beskrywing Bedrag
Totale werknemersbelasting 38 629.93
Voltooi slegs IB3(a) verwysingsnommer, werkgewer se verwysingsnommer en die bruto besoldiging kode aangesien geen belasting teruggehou is nie. In plaas van die werknemers belasting moet die redekode vir die nie-aftrekking van werknemers-belasting aangedui word (bv. 02), soos geïllustreer in die voorbeeld op die volgende bladsy.
DEEL5.1 MEDIESE EN TANDHEELKUNDIGE UITGAWES
DEEL5.1.1 MEDIESEFONDSBYDRAES
Eis die bedrag wat u as bydraes aan u mediesefonds gemaak het. Die bedrag verskyn normaalweg teenoor die kode 4005 op u IRP5 sertifikaat.
Let asseblief daarop dat, indien u IRP5 'n mediese byvoordeel teenoor die kode 3810 toon, dat dit beteken dat u werkgewer, namens u, mediesefondsbydraes gemaak het. Aangesien u mediesefondsbydraes dus nie werklik deur u gemaak is nie, beteken dit dan ook dat dit nie vir belastingdoeleindes as 'n aftrekking oorweeg kan word nie. Slegs bedrae wat werklik deur uself gemaak is, kan as aftrekking oorweeg word.
U EIS SAL NIE OORWEEG WORD INDIEN DIE VOLGENDE DOKUMENTÊRE BEWYSE TER STAWING VAN U EIS NIE AANGEHEG IS NIE.
Bewys van bydraes deur uself aan die mediesefonds gemaak.
Mediesefondsstaat ten opsigte van bedrae wat nie vanaf die fonds verhaal is nie: Heg asseblief die staat wat die akkumulatiewe bedrae ten opsigte van die bedrae deur u betaal, aandui, wat u gedurende Februarie 2006 vanaf u mediesefonds verkry het, aan.
Ander bedrae wat nie by die mediesefonds ingedien / deur die fonds terugbetaal is nie: Voltooi die skedule van uitgawes op bladsy 13 van hierdie brosjure en heg dit aan bladsy 3 van u opgawe.
Indien die fondse wat deur die mediesefonds aan u beskikbaar gestel is, ten opsigte van sekere mediese prosedures, uitgeput is moet u bewys daarvan vanaf die betrokke fonds aanheg.
DEEL5.1.2 en 5.1.3 MEDIESE UITGAWES NIE VERHAALNIE
Eis die bedrae werklik gespandeer en nie van u fonds verhaal nie, ten opsigte van uself, u gade en u kwalifiserende kinders en stiefkinders ten opsigte van:
Dienste gelewer en medisyne verskaf deur 'n geregistreerde geneesheer, tandarts, gesigkundige, homeopaat, naturopaat, osteopaat, kruiekundige, fisioterapeut, chiropraktisyn of ortoptis;
Hospitalisasie in 'n geregistreerde hospitaal of verpleeginrigting;
Tuisverpleging deur 'n geregistreerde verpleegster en verkry vanaf 'n geregistreerde apteker;
Medisyne voorgeskryf deur 'n geregistreerde verpleegster;
Mediese onkoste aangegaan en betaal buite die Republiek.
DEEL5.1.4 LIGGAAMSGEBREK
Vermeld die aard van die gebreke waaraan u, u gade of kwalifiserende kinders ly (bv. brille, gehoorstukke, diabetes, ens.), asook besonderhede van hoe die bedrag geëis, saamgestel is. Slegs bedrae nie vanaf u mediesefonds verhaal nie, kan as aftrekking oorweeg word.
DEEL5.1.5 GESTREMDE PERSOON
n "GESTREMDE PERSOON" beteken 'n persoon wat blind is, 'n persoon wat doof is, 'n persoon wat as gevolg van 'n permanente gebrek 'n rystoel, loopyster of kruk benodig om te beweeg, of 'n persoon wat 'n kunsledemaat benodig. Dit sluit ook 'n persoon in wat aan 'n geestesongesteldheid ly soos omskryf in artikel 1 van die Wet op Geestesgesondheid 1973, (Wet no. 18 van 1973).
Ten einde oorweging te kan skenk om u mediese eis te kan klassifiseer as "gestremd" moet die volgende inligting voorsien word:
Blinde persoon -'n Getekende brief op die briefhoof van 'n professionele persoon opgelei om 'n Snellenkaart te gebruik, waarin die diagnose, klassifikasie en graad van blindheid bevestig word.
Dowe persoon - Vier kategorieë word statisties deur "DEAFSA (Deaf Federation of South Africa)" gedra, naamlik persone wat "uitermatig doof" is, persone wat "ernstige gehoorverlies" het, persone wat "gemiddelde gehoorverlies" het, en persone wat "geringe gehoorverlies" het. Vir doeleindes van die Inkomstebelastingwet sal 'n persoon wat "uitermatig doof" is en 'n "ernstige gehoorverlies" het, beskou word as 'n persoon wie se gehoor in so 'n mate aangetas is dat hy / sy dit nie as 'n primêre middel van kommunikasie kan gebruik nie. Bevestiging ten opsigte van die graad van doofheid vanaf DEAFSA of 'n soortgelyke inrigting moet voorsien word.
Geestesongesteldheid - Bevestiging by wyse van 'n mediese verslag vanaf 'n psigiater of 'n geregistreerde sielkundige, wat duidelik aandui dat 'n persoon geestesongesteld is, soos omskryf in die Wet op Geestesgesondheid 1973, (Wet No. 18 van 1973). Die bevestiging moet op 'n jaarlikse grondslag gedoen word.
Die toelaatbare aftrekking is onderhewig aan die volgende beperkings:
BELASTINGPLIGTIGES ONDER DIE OUDERDOM VAN 65 JAAR: Daardie gedeelte van die uitgawes hierbo genoem wat 5% van belasbare inkomste, voor hierdie aftrekking, oorskry, sal as aftrekking kwalifiseer.
BELASTINGPLIGTIGES 65 JAAR EN OUER Indien u 65 jaar of ouer is, mag u al die uitgawes hierbo vermeld eis sonder enige beperkings.
GESTREMDE PERSOON: Waar u, u gade of kwalifiserende kind of stiefkind 'n "gestremde persoon" is, daardie gedeelte van die uitgawes hierbo genoem wat R500 oorskry, met ander woorde, die eerste R500 kwalifiseer nie as aftrekking nie.
Eis u kwalifiserende uitgawes. Die beperking sal deur SARS bereken word.
Behou asseblief u kwitansies ter stawing van u eis.
DEEL5.2 DONASIES
Het u enige donasies gemaak?
Heg 'n lys van die donasies gemaak, sowel as die oorspronklike artikel 18A kwitansies, aan bladsy 3 van u opgawe. Eis die totale bedrag, aangesien die toelaatbare bedrag programmaties deur SARS bereken sal word.
DELE 5.3 -5.8 PENSIOEN-, UITTREDINGANNUÏTEITS-, VOORSORGSFONDS- EN INKOMSTEBESKERMINGSBYDRAES
Het u enige bydraes tot 'n Pensioen en / of 'n Uittredingannuïteitsfonds gemaak?
Voltooi die toepaslike gedeelte van deel 5 van u opgawe.
Eis u werklike bydraes, aangesien die berekening deur SARS gedoen sal word. Enige oorskot ten opsigte van uittredingannuiteite sal na die daaropvolgende jaar van aanslag oorgedra word. Agterstallige pensioen en / of uittredingannuïteitsfondsbydraes moet in deel 5.4 en / of 5.6 van u opgawe geëis word en bewys van sulke agterstallige bydraes moet ingedien word om u eis te staaf.
PENSIOENFONDS: Die pensioenfondsbydrae sal beperk word tot 7.5% van die bruto uittredingfunderingsdiens-inkomste 
UITTREDINGANNUÏTEITSFONDS: Enige aftrekking meer as R1 750 sal deur SARS bereken word. Slegs bydraes wat gedurende die jaar van aanslag gemaak is as lid van die betrokke fonds(e) sal in aanmerking geneem word as aftrekking. Dit beteken dat bydraes wat namens u tot voordeel van 'n ander persoon gemaak is, b.v. u gade of kind, nie oorweeg sal word nie. Bydraes wat op 'n IRP5 verskyn, sal nie meer in aanmerking geneem word as 'n aftrekking vanaf die 2006 jaar van aanslag nie.
Het u enige bydraes tot 'n Voorsorgfonds gemaak?
Voltooi deel 5.7 van u opgawe.
Die bydraes tot u voorsorgfonds sal nie as aftrekking toegelaat word ten opsigte van die betrokke jaar van aanslag nie, maar die kollektiewe bydraes wat nie in berekening gebring is nie sal in ag geneem word by uittrede uit die fonds.
Het u enige Inkomstebeskermings bydraes gemaak?
Gebruik die bedrag soos aangedui op die sertifikaat wat u vanaf die betrokke instansie verkry het om deel 5.8 te voltooi.
Slegs bydraes wat gemaak is ten opsigte van die versekering wat u dek teen die verlies aan inkomste as gevolg van siekte, besering, ongeskiktheid of werkloosheid, en die bedrae wat ingevolge daardie polis betaalbaar is, inkomste soos omskryf uitmaak of sal uitmaak.
DEEL5.9 ANDER UITGAWES
Indien u enige ander uitgawes aangegaan het, moet u asseblief 'n volledige uiteensetting daarvan voorsien en die bedrag teenoor deel 5.9 van u opgawe invul. Indien u in besit is van 'n reistoelae en daarteen wil eis, verwys asseblief na bladsy 10 van hierdie brosjure, wat reisonkoste aanspreek.
Beperking van aftrekkings (artikel 23(m) van die Inkomstebelastingwet)
Algemene aftrekkings in die vasstelling van belasbare inkomste, ingevolge artikel 11 van die Inkomstebelastingwet, sal slegs oorweeg word indien u besoldiging (inkomste vanaf u werkgewer) geheel of hoofsaaklik verkry word uit kommissie gebaseer op verkope. "Geheel of hoofsaaklik" beteken meer as 50% van u besoldiging (bv. salaris-tipe inkomste).
Ledegeld ten opsigte van professionele verenigings sal nie as aftrekking oorweeg word nie.
ARTIKEL10 (o)(ii) VRYSTELLING
Vanaf die 2002 jaar van aanslag sal alle Suid-Afrikaanse inwoners belas word op hul wêreldwye inkomste.
Artikel 10 (o)(ii) van die Inkomstebelastingwet stel egter besoldiging ontvang of toegeval aan 'n persoon gedurende enige jaar van belasting vry, ten opsigte van dienste buite die Republiek deur daardie persoon gelewer vir of namens enige werkgewer, indien daardie persoon buite die Republiek was vir 'n tydperk of tydperke wat in totaal 183 volle dae gedurende enige tydperk van 12 maande wat gedurende daardie jaar van aanslag 'n aanvang neem of eindig, te bowe gaan; en vir 'n aaneenlopende tydperk wat 60 volle dae gedurende daardie tydperk van 12 maande te bowe gaan.
Indien u inkomste ontvang het, wat u as nie-belasbaar beskou, moet u 'n volledige beskrywing van inkomste aan bladsy 3 van u opgawe heg.
LET WEL:
Bewys van "binnekoms" en "vertrek" uit die Republiek moet op aanvraag beskikbaar wees.
Hierdie gedeelte moet voltooi word en aan bladsy 3 van u opgawe geheg word.
Verkryging van 'n vaste bate Het u of u minderjarige kind / kinders enige vaste eiendom gedurende hierdie jaar van aanslag verkry? Indien "ja", verstrek 'n skedule wat 'n beskrywing en ligging (adres) van die bate, sowel as die aankoop-prys daarvan aandui. JA NEE 7 5 0 1
Afstand doen (verkoop) van 'n vaste bate Het u of u minderjarige kind / kinders afstand gedoen van enige vaste eiendom gedurende hierdie jaar van aanslag? Indien "ja", verstrek 'n skedule wat 'n beskrywing en ligging (adres) van die bate, sowel as die bedrag ontvang met die verkoop van die bate aandui. JA NEE 7 5 0 2
Verkryging van roerende bates bv. motors, karavane, bote, ens. Het u of u minderjarige kind / kinders enige roerende bates soos bv. 'n motorvoertuig, boot, karavaan, ens., waarvan die markwaarde R30 000 oorskry, gedurende hierdie jaar van aanslag verkry? Indien "ja", verstrek 'n skedule met 'n beskrywing van die bates verkry waarvan die markwaarde R30 000 oorskry en dui die pryse ten opsigte van die betrokke bates aan. JA NEE 7 5 0 3
Afstand doen (verkoop) van roerende bates Het u of u minderjarige kind / kinders afstand gedoen van enige roerende bates soos bv. 'n motorvoertuig, boot, karavaan, ens., waarvan die markwaarde R30 000 oorskry, gedurende hierdie jaar van aanslag? Indien "ja", verstrek 'n skedule van al die bates verkoop waarvan die markwaarde R30 000 oorskry en dui die pryse ten opsigte van die onderskeie bates, aan. JA NEE 7 5 0 4
Geskenke (donasies) ontvang Het u of u minderjarige kind / kinders enige geskenke / donasies, in kontant of andersins, waarvan die waarde R30 000 oorskry, gedurende die jaar van aanslag ontvang? Indien "ja", voorsien 'n skedule ten opsigte van alle geskenke / donasies ontvang waarvan die waarde R30 000 oorskry, met 'n beskrywing van die skenking / donasie, die waarde daarvan, asook die naam, adres en identiteitsnommer van die skenker. JA NEE 7 5 0 5
Geskenke/donasies gemaak Het u of u minderjarige kind / kinders enige geskenke / donasies gemaak waarvan die waarde R 30 000 oorskry, gedurende die jaar van aanslag gemaak? Indien "ja", voorsien 'n skedule ten opsigte van alle geskenke / donasies gemaak waarvan die waarde R30 000 oorskry, met 'n beskrywing van die skenking / donasie, die waarde daarvan, asook die naam, adres en identiteitsnommer van die ontvanger. JA NEE 7 5 0 6
Erflating ontvang Het u of u minderjarige kind / kinders enige erflating, in kontant of andersins, waarvan die waarde R30 000 oorskry, gedurende die jaar van aanslag ontvang? Indien "ja", voorsien 'n skedule waarin alle erflatings ontvang, waarvan die waarde R30 000 oorskry, beskryf word met die afsonderlike waarde ten opsigte van die onderskeie erflatings. JA NEE 7 5 0 7
Voltooi asseblief die skedule op bladsy 11 om u eis ten opsigte van reisuitgawes te bereken. Reisuitgawes kan volgens een van die volgende metodes geëis word:
i Waar rekords van werklike uitgawes bygehou is, voltooi dele 1, 2 en 4 van die skedule op bladsy 11 om u eis te bereken.
ii Waar geen rekords van uitgawes bygehou is nie, gebruik onderstaande tabel en voltooi dele 1, 2 en 3 van die skedule op bladsy 11 om u eis te bereken.
LET WEL:
U eis sal nie oorweeg word indien deel 2 van die skedule op bladsy 11 nie voltooi is nie.
Die kolom waarin die waarde, aan die begin van die jaar van aanslag, aangedui word sal slegs van toepassing wees as u gedeelte 4 van die skedule voltooi.
Indien die voertuig vir 'n tydperk van minder as 365 dae vir besigheidsdoeleindes gebruik is, moet die vaste kostekomponent pro rata op 'n daaglikse grondslag verminder word.
Die eerste 16 000 km sal as privaat geag word tensy rekords gehou is van die werklike kilometers gereis vir beide privaat- en besigheidsdoeleindes. Besigheidskilometers word geag om gelyk te wees aan die verskil tussen die totale aantal kilometers afgelê en 16 000 km, mits besigheidskilometers nie 16 000 km oorskry nie.
LET WEL:
Indien u u eis bereken gebaseer op die werklike kilometers afgelê, moet u ritstate indien ten opsigte van kilometers gereis. Die volgende minimum inligting ten opsigte van besigheidskilometers afgelê moet in die ritstate vervat wees:
Datum waarop die reis onderneem is.
Die plek van bestemming na en vanaf.
Die kilometers gereis.
Indien u reiskoste eis moet hierdie bladsy voltooi word en aan bladsy 3 van u opgawe geheg word. Indien hierdie skedule nie aan u opgawe geheg is nie sal u eis nie oorweeg word nie. LET ASSEBLIEF DAAROP DAT INDIEN GEDEELTE 2 VAN HIERDIE BLADSY NIE VOLTOOI IS NIE, U EIS NIE OORWEEG SAL WORD NIE.
Voertuig Registrasie Fabrikaat Datum van aankoop of Koopprys of Indien gedurende jaar verkoop of ingeruil Waarde aan begin van die jaar van aanslag (slegs t.o.v. gedeelte 4)
Nommer Nommer en model bruikhuur kontantwaarde Verkoopprys Datum verkoop
Voertuig 1
Voertuig 2
Bronkode
Indien u beleggingsinkomste ontvang het, moet u asseblief hierdie skedule voltooi en aan bladsy 3 van die opgawe heg.
Indien u BINNE GEMEENSKAPVAN GOEDERE getroud is, moet die TOTALE BELEGGINGSINKOMSTE van BEIDE GADES hier getoon word. Heg bewys van inkomste ontvang en / of toegeval t.o.v. rente en buitelandse dividende IB3b aan bladsy 3 van die opgawe.
Verkies u om op die netto buitelandse dividende belas te word? JA NEE
Die bedrag wat u moet verklaar indien u gekies het om op die netto buitelandse dividend belas te word, is die bedrag nadat die weerhoudingsbelasting in ag geneem is.
Indien u egter nie gekies het om op die netto buitelandse dividend belas te word nie moet die bruto bedrag, sonder inagneming van die weerhoudingsbelasting, verklaar word.
Indien u binne gemeenskap van goedere getroud is, dra 50% van die SOM VAN TOTALE van beide gades oor na deel 3.3 van u opgawe.
Die skedule hieronder moet na voltooiing aan bladsy 3 van die opgawe geheg word tesame met bewyse verkry.
Indien u BINNE GEMEENSKAP VAN GOEDERE getroud is, moet alle kapitaalwinstransaksies ten opsigte van beide gades hier getoon word.
Indien u BUITE gemeenskap van goedere getroud is of nie getroud is nie, dra die wins / verlies, soos hierbo bereken, oor na deel 3.4 van u opgawe.Indien u BINNE gemeenskap van goedere getroud is, dra 50% van die wins / verlies, soos hierbo bereken, oor na deel 3.4 van u opgawe.
Heg asseblief 'n aparte skedule aan wat die volledige berekenings van die bogenoemde bedrae aandui.
Kapitaalwins of -verlies
SKEDULE VAN MEDIESE UITGAWES NIE INGEDIEN EN / OF VERHAAL VANAF U MEDIESEFONDS NIE
BESONDERHEDE VAN MEDIESE UITGAWES NIE INGEDIEN EN / OF VERHAAL VANAF U MEDIESEFONDS NIE
LET WEL: Eise ten opsigte van uitgawes sal nie oorweeg word nie mits die skedule volledig voltooi is en aan bladsy 3 van u opgawe geheg is.
Datum Verskaffer / Dokter VoorgeskrewemedikasieJa / Nee Is die eis by diemediesefondsingedien?Ja / Nee Rede vir die nie-indiening van die eis by die mediesefonds /Rede vir die nie-verhaling van die eis vanaf die mediesefonds Bedrag
TOTAAL: Indien die spasie in die skedule onvoldoende is moet 'n addisionele skedule aangeheg word.
Opsomming van inligting in u opgawe verstrek om behulpsaam te wees met die berekening van u belastingaanspreeklikheid
Indien u enige buitelandse inkomste verdien het sal die toelaatbare aftrekkings ten opsigte van DONASIES,UITTREDINGANNUÏTEITSFONDSBYDRAES en MEDIESE EN TANDHEELKUNDIGE uitgawes toegedeel word in dieselfde verhouding wat u plaaslike en buitelandse inkomste teenoor die totale inkomste, voor die vermindering van die genoemde aftrekkings, dra. Vir verdere inligting raadpleeg die betrokke "Interpretation Note" No 18 op die SARS webwerf www.sars.gov.za of skakel u naaste SARS kantoor.
Statutêre skale van toepassing op individue
WAAR DIE BELASBARE INKOMSTE:
Nie R80 000 te bowe gaan nie 18% van elke R1 van die belasbare inkomste
R80 000 te bowe gaan, maar nie R130 000 nie R14 400 plus 25% van die bedrag bo R80 000
R130 000 te bowe gaan, maar nie R180 000 nie R26 900 plus 30% van die bedrag bo R130 000
R180 000 te bowe gaan, maar nie R230 000 nie R41 900 plus 35% van die bedrag bo R180 000
R230 000 te bowe gaan, maar nie R300 000 nie R59 400 plus 38% van die bedrag bo R230 000
R300 000 te bowe gaan, R86 000 plus 40% van die bedrag bo R300 000
Primêre korting R 6 300 - korting 65 jaar en ouer R 4 500
